Regent's Canal

Die kanale van Little Venice in die City of Westminster verbind twee historiese waterweë, Grand Union Canal en Regent's Canal, met mekaar. Die buurt is gewild by Londense huisbooteienaars. In Engels word na hierdie lang, smal rivierbote verwys as narrowboats
Langs die Paddington-bekken het moderne woonstelgeboue ontstaan
'n Docklands Light Railway (DLR)-trein vaar verby Limehouse-bekken
Een van 'n handjievol statige herehuise wat langs die Regent's Canal in Regent's Park ontstaan het
Die oostelike ingang tot die Maida Hill-tonnel (251 m)
Een van die sluise van Regent's Canal, net noord van die Limehouse-bekken, met bekkens wat paargewys en langs mekaar aangelê is
Die ingang tot die kanaal by Limehouse in 1823
Camden Lock in Camden Town
City Road-bekken in Islington soos dit vandag lyk

Regent's Canal is 'n kanaal met 'n lengte van 13,8 km en dertien sluise wat deur 'n gebied net noord van Sentraal-Londen - deur Regent's Park, Camden, Islington en Mile End - loop. Die waterweg verbind die Paddington-arm van die Grand Union Canal net noordwes van die Paddington-bekken by Little Venice in die weste met die Limehouse-bekken en die Teemsrivier in die ooste van Londen.[1]

In sy ontstaanstyd in die vroeë 19de eeu en die volgende dekades het die kanaal deel uitgemaak van 'n uitgebreide netwerk van waterweë wat nuut geïndustrialiseerde streke in die noorde van Engeland met die hoofstad in die suide verbind het. Tot in die sestigerjare van die 20ste eeu is goedere soos landbouprodukte, steenkool en boumateriale uit die noorde op die Regent's Canal na Londen vervoer, dikwels om hulle vanuit Oos-Londen se dokke na buitelandse bestemmings te verskeep.

Vandag speel die kanaal geen rol meer as kommersiële waterweg nie, maar dit word steeds vir ontspanningsdoeleindes onderhou, net soos die ou trekpaaie langs sy oewers wat tans as rustige fiets-, wandel- en drafroetes temidde van die woelige Hoofstadlewe dien en waarlangs bankies aangebring is.

  1. Regent's Canal and Hertford Union Canal

Developed by StudentB